Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Jack Parow

Jack Parow
Agtergrondinligting
GeboortenaamZander Tyler
Gebore1982
Bellville, Wes-Kaap
OorsprongKaapstad, Suid-Afrika
GenresKletsrym, hip-hop
Jare aktief2009 tot hede
EtiketteFirst Lady[1]
AssosiasiesFokofpolisiekar
Die Heuwels Fantasties
Die Antwoord
Webwerfjackparow.com Edit this at Wikidata

Jack Parow (gebore Zander Tyler, 1982 in Bellville) is 'n Afrikaanse kletsrymer (rapper) van Bellville, Wes-Kaap met 'n kenmerkende lang keps op sy kop wat bekend is vir sy enkelspeler Jy Dink Jy is Cooler as Ekke.

Parow is ook bekend vir sy bydrae tot die liedjie Die Vraagstuk saam met Die Heuwels Fantasties. Hy het ook in 2009 saam met Die Heuwels Fantasties by Oppikoppi opgetree. Verder dra hy by, en werk saam met Die Antwoord, Fokofpolisiekar en Early B in liedjies soos Wat Pomp, Doos Dronk en Potte

Parow het in Maart 2010 'n musiekvideo vir sy enkelsnit Dans Dans Dans geskiet. Die sanger Francois van Coke van Fokofpolisiekar is ingespan om die refrein te sing. 'n Buitengewoon hoë bedrag van R280 000 is vir die vervaardiging van die musiekvideo betaal.[2]

Met My Koningkryk, 'n liedjie op die Afrika 4 Beginners album, is Jack Parow se ode aan Suid-Afrika. Hier is 'n uittreksel van die lirieke:

“Oh no, what’s a bunny chow, buddy

no no bunny, half loaf curry

bro don’t worry, you wanna feel better?

medicine man make your d*ck grow bigger

klomp goeie tye, dalk klein bietjie crime

maar ons rol dik rustig op African time.”

Niks omtrent Jack Parow is gewoon nie. Sy lirieke waarsku en daag uit. Met sy liedjie Bang Babbelas op die album Afrika 4 Beginners, dra hy die boodskap oor dat die gebruik van drank met verantwoordelikheid gepaard moet gaan.

Parow wou van kleins af 'n kletsrymer wees. Die Amerikaanse kletsrymer, Snoop Dogg se Doggystyle en liedjies van T-Pain het hom geïnspireer. Hy het eers in Engels en toe later in Afrikaans gekletsrym. In Januarie 2017 het Parow ook sy eie brandewyn bekendgestel.

  1. http://www.blueworld.co.za/bands/profile.aspx?id=243 Geargiveer 31 Januarie 2009 op Wayback Machine Besoek op 2 April 2010
  2. Parow se nuwe video ’n peperduur projek, Rapport, 24 Maart 2010.

Previous Page Next Page






Jack Parow German Jack Parow English Jack Parow Finnish Jack Parow French Jack Parow Dutch Jack Parow Swedish

Responsive image

Responsive image