| |||||||
Gestig | 2003 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Bedryfsbasisse | |||||||
Lojaliteitsprogram | Qantas Frequent Flyer | ||||||
Vlootgrootte | 75 | ||||||
Bestemmings | 34 | ||||||
Houermaatskappy | Qantas (100%) | ||||||
Hoofkantoor | Collingwood, Melbourne, Australië | ||||||
Sleutelpersone | Gareth Evans (Groep-hoof- uitvoerende beampte)[1] | ||||||
Omset | A$3,636 miljard (2015/2016)[2] | ||||||
Bedryfsinkomste | A$452 miljoen (2015/2016)[2] | ||||||
Webwerf | www |
Jetstar Airways Pty Ltd, wat sake bedryf as Jetstar, is 'n Australiese laekostelugredery (self beskryf as "waarde-gebaseerd")[3] met sy hoofkwartier in Melbourne.[4][5] Dit is 'n volfiliaal van Qantas wat geskep is in reaksie op die bedreiging wat die mededinger-lugredery Virgin Blue ingehou het. Jetstar is deel van Qantas se strategie van twee handelsmerke:[6] Qantas Airways spits hom toe op die premium voldiensmark en Jetstar op die laekostemark. Jetstar vervoer 8,5% van alle passasiers wat in en uit Australië reis.[7]
Die lugredery bedryf 'n uitgebreide binnelandse netwerk sowel as streeks- en internasionale dienste vanaf sy hoofbasis by die Melbourne-lughawe,[8] deur 'n gemengde vloot van die Airbus A320-familie en die Boeing 787 Dreamliner te gebruik. Soos sy Qantas-ouer, ding Jetstar mee met Virgin Australia.[9]
Qantas, deur die Jetstar Group, het ook belange in die susterlugrederye Jetstar Asia Airways en Jetstar Japan.