Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Joas

Joas volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Joas was die agtste koning van die koninkryk van Juda en het 40 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Ahasia. Hy is as baba deur prinses Jehoseba gered en vir 6 jaar in die tempel in Jerusalem versteek, nadat Atalia, koning Ahasia se moeder, al die aanspraakmakers op die troon laat vermoor het. Toe hy 7 jaar oud was het die priester Jojada vir Atalia laat doodmaak en Joas as koning laat verklaar. Volgens die Bybel het hy aanvanklik gedoen wat reg was in die oë van die Here, maar het later na die vleitaal van die volk se leiers geluister en die seun van die priester Jojada laat vermoor. Hy is opgevolg deur sy seun Amasia.


Previous Page Next Page