Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Joga (Sanskrit: "verbinding", "vereniging"), is 'n tegniek wat onder die Hindoes in Indië ontstaan het en wat daarop gemik is om "die siel uit die wêreld te bevry sodat dit met die Absolute of sy god een kan word". Hoewel joga 'n rigting in of skool van die Hindoe-godsdiens is, vorm dit deel van verskeie filosofieë. Daar het gevolglik verskeie soorte joga, waarin die klem op onderskeidelik filosofie, die magiese, mistiek, godsdiens af intellek gelê word, ontwikkel. AIle soorte joga het egter punte van ooreenstemming.
In die Weste het belangstelling in joga sedert 1965 toegeneem, maar die klem word hoofsaaklik op liggaamsoefeninge en ontspanningstegnieke gelê. Transendentale meditasie (TM) het in die Weste ook taamlik byval gevind. Met die Sanskritterm joga word in die Hindoeïsme bedoel al die tegnieke en dissiplines wat die mens aanwend om tot moksa (verlossing, eenwording met die al) te kom. Omdat die Hindoes glo dat daar talle maniere van verlossing bestaan, het verskeie soorte joga ontstaan. By al die soorte word egter van die standpunt uitgegaan dat die mens eers vry kan word as hy hom deur middel van selfdissipline en insig van die bande wat hom aan die wêreld bind, kan losmaak. Dit is belangrik om te doen of na te laat om te doen wat "normale" mense nie doen of nalaat nie, en andersom. Joga beteken dus in die eerste plek metodiese inspanning, 'n selfopgelegde juk, en dissipline. In die tweede plek, en veral in die mistiek, beteken joga vereniging van die jogi met sy wesenlike natuur, met die Absolute, of met sy god. Joga is op sigself nie 'n filosofie nie, maar 'n "losmaak"-metode wat in talle verlossingsfilosofieë gebruik word. So is daar byvoorbeeld Vedanta-joga, Boeddhistiese joga, djnana-joga, karma-joga, ensovoorts.