Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


John Napier

John Napier
Gebore 1 Februarie 1550
Edinburg, Koninkryk van Skotland
Oorlede 4 April 1617 (op 66–67)
Edinburg, Koninkryk van Skotland
Nasionaliteit Vlag van Skotland Skotland
Vakgebied Wiskunde
Alma mater Universiteit van Sint Andrews
Bekend vir logaritmes
Napier se bene
desimaalnoterings
Invloed op Henry Briggs

John Napier, ook bekend onder die naam John Neper (1 Februarie, 1550 - 4 April 1617), was 'n Skotse wiskundige wat veral bekend geword het vir die uitvinding van logaritmes. Hy is gebore in Edinburg.

Hy was die seun van Archibald Napier, 'n bekende waarnemende regter en eienaar van die Skotse landgoed Merchiston. John studeer aan die St Andrews universiteit, maar spandeer ook 'n geruime tyd in ander Europese lande waar hy vermoedelik sy studies voortgesit het.

Hy was 'n oortuigde protestant en het 'n passie vir teologie gehad. In 1593 publiseer hy 'n religieuse werk met die titel Plaine Discovery of the Whole Revelation of St. John wat in Nederlands, Frans en Duits vertaal is, waarna hy ook op die vasteland bekendheid verwerf het.

Hy het hoofsaaklik wiskunde uit die liefde vir die saak beoefen.


Previous Page Next Page