John Searle | |
John Searle in 2015
| |
Geboortenaam | John Rogers Searle |
---|---|
Gebore | 31 Julie 1932 Denver, Colorado |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Taalfilosofie, filosofie van die gees, intensionaliteit, sosiale werklikheid |
Alma mater | Universiteit van Wisconsin-Madison, Christ Church, Oxford |
Bekend vir | Indirekte rede handelinge, Chinese kamer, Biologiese naturalisme |
Beïnvloed deur | Elizabeth Anscombe, J.L. Austin, Noam Chomsky, Gottlob Frege, Paul Grice, David Hume, Bertrand Russell, P.F. Strawson, Ludwig Wittgenstein |
Handtekening |
John Rogers Searle (Denver (Colorado), 31 Julie 1932) is 'n Amerikaanse filosoof en hoogleraar aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Hy is veral bekend vir sy bydraes tot die taalfilosofie en die filosofie van die gees, sowel as sy bydrae tot die konsep van "sosiale realiteit". Hy word beskou as een van die toonaangewende taalfilosowe in die twintigste eeu, en word verbind met die stroming van die gewone taal filosofie (ordinary language philosophy).