KV33 | ||
Grafkelder van 'n onbekende | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 1898 | |
Uitgrawings deur | Victor Loret Universiteit van Basel (2012) | |
Versiering | Onversier | |
← Vorige KV32 Volgende →
KV34 |
KV33 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit lê naby KV34, die grafkelder van Toetmoses III. Dit dateer van die 18de Dinastie en is die rusplek van 'n onbekende persoon.
Die uitleg is eenvoudig en bestaan uit 'n trap wat afloop en 'n hoofkamer met twee aangrensende kamers. KV33 is in 1898 deur Victor Loret ontdek.