KV9 | ||
Grafkelder van Ramses V en Ramses VI | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Oop in antieke tye | |
Uitgrawings deur | James Burton Georges Daressy | |
Versiering | Boek van Poorte, Boek van Grotte, Amdoeat, Dodeboek, Boek van die Aarde | |
Uitleg | Reguit as | |
← Vorige KV8 Volgende →
KV10 |
KV9 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is oorspronklik gebou vir farao Ramses V. Hy is daar begrawe, maar sy oom, Ramses VI, het dit later as sy eie grafelder gebruik. Die uitleg is tipies van die 20ste Dinastie en baie eenvoudiger as dié van Ramses III (KV11).
Die werkers het per ongeluk na KV12 deurgebreek terwyl hulle KV9 gebou het. In 2020 het die Egiptiese departement van toerisme 'n ten volle 3D-model van die krafkelder gepubliseer wat aanlyn beskikbaar is.[1]