Kaapse dwergverkleurmannetjie | |
---|---|
![]() | |
'n Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. pumilum
|
Binomiale naam | |
Bradypodion pumilum (Gmelin, 1789)
| |
Sinonieme | |
Lacerta pumila (Gmelin, 1789)[1] |
Die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum) is 'n verkleurmannetjie wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in struike en die woudrande in fynbos. Die verkleurmannetjie is 6 tot 8 cm lank. Dit is 'n klein boomlewende reptiel. Die oë is keëlvormig en dit het 'n grypstert. Die reptiel is gewoonlik bedags bedrywig en vreet vlieë en ander insekte wat met die klewerige tong gevang word. Slange, vleiloeries en laksmanne is die verkleurmannetjie se vyande.