Kaapstad-stadion | ||
Lugbeeld van die Kaapstad-stadion
| ||
Ligging | Groenpunt, Kaapstad, Suid-Afrika | |
---|---|---|
Koördinate | 33°54′12.46″S 18°24′40.15″O / 33.9034611°S 18.4111528°O | |
Eienaar | Stad Kaapstad | |
Kapasiteit | 57 367[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 26 Maart 2007 | |
Geopen | 14 Desember 2009 | |
Boukoste | R4,4 miljard | |
Argitek | GMP Argitekte, Louis Karol Argitekte, Point Argitekte | |
Alg. kontrakteur | Murray & Roberts/ WBHO | |
Huurders | ||
Ajax Kaapstad (PSL) (2010–hede) Kaapstad FC (PSL) (2016–hede) Westelike Provinsie (2021–hede) Stormers (2021–hede) |
Die Kaapstad-stadion (Engels: Cape Town Stadium, Xhosa: Inkundla yezemidlalo yaseKapa[2]) in Kaapstad, Suid-Afrika, is 'n stadion wat gebou is met die oog op die 2010 Sokkerwêreldbeker.[3] Gedurende die beplanningsfase is daar na die stadion verwys as die Afrika Rennaisance-stadion en die stadion wat afgebreek is om plek te maak vir die Kaapstad-stadion was bekend as die Groenpunt-stadion.