Kasteoorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Meksikaans-Indiese oorloë | |||||||
Invloedsfeer van die Mayas omstreeks 1870. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Republiek van Yucatán(1847–1848) Meksiko (1848–1901) |
Cruzoob van Chan Santa Cruz | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Santiago Méndez Miguel Barbachano Antonio López de Santa Anna Ángel Remigio Rosado (†) Ángel Ortiz Monasterio Ignacio A. Bravo |
Manuel Antonio Ay (†) Cecilio Chí (†) Jacinto Pat (†) José Venancio Pec (†) Florentino Chan Román Pec (†) | ||||||
Sterkte | |||||||
Yucatán: 4 000 soldate en milisie (1847)[1] 11 000 Mayas (1847)[1] (Die meeste Mayas is kort ná die begin oorgeloop)[2] Meksiko: 4 000 (1848)[3] 3 000 (1900)[4] |
9 000-10 000 (1848)[5] 5 000-15 000 (1850)[6] (waarskynlik 10 000)[6] 2 500-5 000 (1874)[7] | ||||||
Om en by 250 000 mense het tussen 1847 en 1855 gesneuwel, waarvan die meeste wit was. Sowat 50 000 mense het tussen 1855 en 1915 gesneuwel, waarvan die meeste Mayas was.[8] In 1850 het as 'n gevolg van die oorlog 80 000 Mayas en Ladinos gevlug, waarvan 10 000 tydens die oorlog ná Belize, 10 000 ná Tabasco, Veracruz en Kuba en 'n paar duisend ná Guatemala uitgewyk het, terwyl die origes meestal omgekom het.[9] In 1874 het die rebelle 'n bevolking van tussen 12 000 en 16 000 gehad.[7] |
Die Kasteoorlog (Spaans: Guerra de Castas) was 'n tydelik suksesvolle, maar uiteindelik mislukte onafhanklikheidsoorlog van die Mayas op die Yucatan-skiereiland tussen 1847 en 1901, aanvanklik teen die Republiek van Yucatán en later teen die Meksikaanse staat.
Die oorlog het begin met 'n opstand van die inheemse Maya-bevolking van Yucatan teen die bevolking van Europese afkoms, Yucatecos genoem, wat in politieke en ekonomiese beheer van die streek was. Die lang oorlog het uitgebreek tussen die Yucateco-magte in die noord-weste van Yucatan en die onafhanklike Maya-bevolking in die suid-ooste. Die oorlog is amptelik deur die verowering van die laaste Mayastad Chan Santa Cruz deur Meksikaanse troepe beëindig, alhoewel skermutselings met dorpe en klein nedersettings wat geweier het om Meksikaanse beheer te erken vir meer as 'n dekade voortgesit is.