Kathu | |
---|---|
Koördinate: 27°47′0″S 23°3′0″O / 27.78333°S 23.05000°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | John Taolo Gaetsewe |
Munisipaliteit | Gamagara |
Stigting | 1974 |
Oppervlak | |
• Totaal | 15,56 km2 (6,01 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 510 |
• Digtheid | 740/km2 (1 900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 38.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 21.7% |
• Swart mense | 39.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 62.1% |
• Tswana | 23.4% |
• Engels | 6.0% |
• Sotho | 1.8% |
• Ander | 6.8% |
Poskode (strate) | 8446 |
Poskode (posbusse) | 8446 |
Skakelkode | 053 |
Kathu is 'n myndorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika sowat 12 km vanaf Sishen. Hierdie dorpie het ontstaan toe die tweede ysterertsmyn geopen is. Kathu het gedurende 1979 munisipale status verkry. Daar is 'n woud kameeldoringbome digby Kathu wat in 1995 tot natuurerfenisgebied verklaar is. Die N14 nasionale pad gaan langs Kathu verby.[2]