Kekerertjie | |
---|---|
Twee variëteite van kekerertjie: die groter Kabuli kekerertjie met 'n ligte kleur, en verskeie gekleurde Desi kekerertjies. Wanneer dit vroeg gepluk word is dit groen, en wissel dit van bruin na beige, gespikkel, donker bruin tot swart. 75% van die wêreldproduksie bestaan uit die kleiner desi tipe. Die groter garbanzo boon of hoummus is in die 18de eeu bekendgestel aan Indië. | |
Ontkiemde kekerertjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Cicer |
Spesie: | C. arietinum
|
Binomiale naam | |
Cicer arietinum | |
Sinonieme[1] | |
|
Die kekerertjie (Cicer arietinum) is 'n eenjarige peulgewas van die familie Fabaceae, subfamilie Faboideae.[2][3] Die verskillende tipes daarvan staan bekend as gram, Bengaalse gram, garbanzo of garbanzo boon en Egiptiese ertjie. Kekerertjiesade is hoog in proteïene. Dit is een van die vroegste verboude peulgewasse. 7500-jaar-oue oorblyfsels daarvan is al gevind in die Midde-Ooste.[4][5]
Kekerertjies is 'n hoofbestanddeel in hummus en chana masala. Dit kan gemaal word ten einde falafel te maak. Dit word ook gebruik in slaaie, soppe, bredies, kerriegeregte en ander produkte soos channa. Die Kekerertjie is een van die hoofbestanddele van die Indiese, Mediterreense, en Midde-Oosterse kookkuns. In 2018 was Indië verantwoordelik vir 66% van die wêreldproduksie.