Khulna খুলনা | |
---|---|
Koördinate: 22°49′00″N 89°33′00″O / 22.81667°N 89.55000°O | |
Land | Bangladesj |
Streek | Khulna |
Distrik | Khulna |
Regering | |
• Burgemeester | Talukder Abdul Khaleque |
Oppervlak | |
• Stad | 59,57 km2 (23 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 1 000 000 |
• Digtheid | 14 364/km2 (37 200/vk. myl) |
• Metro | 1 435 422 |
Tydsone | UTC+06:00 (BST) |
Poskode | 9000, 9100 |
Skakelkodes | 041 |
Webwerf | khulnacity.org |
Khulna (Bengaals: খুলনা, Khulnā) is 'n stad in die weste van Bangladesj. Die stad het 'n bevolking van 1 000 000 in 2010 gehad en is die derde grootste stad van die land ná die hoofstad Dhaka en Chittagong. Khulna is geleë net oos van die grens tot Indië en noord van die Golf van Bengale. Die stad lê wes van die monding van die Ganges en die Brahmaputra in die Indiese Oseaan.