Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Klassieke musiek

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.


Hierdie artikel verklaar verskeie musiektradisies wat "klassieke musiek" genoem word. Vir die algemeenste gebruik van die woord, sien Europese klassieke musiek en klassieke musiekera.

Klassieke musiek in die wydste sin verwys na musiek van aangeleerde tradisies wat deur instellings geleer word. Dit sluit byvoorbeeld die musiek van musiekskole en geloofstradisies in. In hierdie sin word klassieke musiek gekontrasteer met populêre musiek (ook genoem "ligte musiek") of volksmusiek.

In Afrikaans word Europese klassieke musiek gewoonlik veronderstel as daar verwys word na "klassieke musiek", eerder as klassieke musiek van ander style en herkoms. Dit word dus algemeen geassosieer met konsertmusiek. Die term word egter ook gebruik om spesifiek te verwys na musiek van die klassieke musiekera, ongeveer tussen 1740 en 1830, wat veral gekenmerk word aan die komposisies van die komponiste Wolfgang Amadeus Mozart, Joseph Haydn, en hulle tydgenote en onmiddellike opvolgers. In hierdie sin word klassieke musiek dus gekontrasteer met musiek van die voorafgaande barokera, en die opvolgende romantiese era. Dit was juis in die romantiese era wat die term "klassieke musiek" die eerste keer gebruik is om die styl van musiek te assosieer met die klassieke tradisies van kuns, beeldhouwerk en argitektuur van antieke Griekeland en Rome.


Previous Page Next Page