Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kogelberg

'n Lugfoto van die Koegelbaai-kuslyn en die R44 wat daarlangs loop.
Inheemse fynbos in die Kogelberg-natuurreservaat.

Die Kogelberg is 'n reeks berge langs die kus van Valsbaai in die Wes-Kaap van Suid-Afrika. Hulle vorm deel van die Kaapse Plooigordel, beginnende suid van die Elgin-vallei en vorm 'n steil kusstreek tot by Kleinmond.

Die Kogelberg-gebied het die steilste en hoogste hellings wat direk in die oseaan inloop van enige kusstreek in Suider-Afrika.

Die berge bestaan hoofsaaklik uit Tafelberg-sandsteen en vorm 'n baie ruwe terrein, wat uiters ryk is aan fynbos, die inheemse Kaapse flora. Die omliggende bergreekse van die Elginvallei word beskou as die middelpunt van die Kaapse blommeryk. Hulle bevat meer plantspesies as elders in die blommestreek, en 'n groot deel van die bergreeks word nou beskerm in die massiewe Kogelberg-natuurreservaat. Die unieke plaaslike plantegroei word geklassifiseer as Kogelberg sandsteenfynbos.

Pringlebaai naby Kaap Hangklip aan die Kogelbergkus

Previous Page Next Page






كوجلبيرج ARZ Kogelberg English Monts Kogelberg French Kogelbergfjellene NB Kogelberg Polish 科格爾山 (南非山脈) Chinese

Responsive image

Responsive image