'n Kommando (etimologies afgelei van die Latyns commendare, 'om aan te beveel') is 'n vegter, of 'n operateur van 'n ligte infanterie eenheid of spesiale mag eenheid wat in eksklusiewe operasionele tegnieke opgelei word.
Oorspronklik was 'n kommando 'n soort gevegseenheid, in teenstelling met die individu in daardie eenheid. In ander tale dui die term commando op 'n bevelsaanstelling, maar dit dui ook op die bewustheid van behorende aan 'n elite spesiale operasionele eenheid.
In die militêr van die meeste state is kommando's opvallend omdat hulle spesialiseer in aanslae op onkonvensionele hoë profiel teikens. Die term 'kommando' dui ook soms eenhede aan wat spesiale take verrig (insluitende sommige burgerlike polisie-eenhede). Kommando's verskil ook van ander soorte spesiale magte omdat hulle hoofsaaklik overt optree, verkenning en aanvalle uitvoer, eerder as lang en diep verkenning en ook onkonvensionele oorlogvoering.
In Engels word die eenheid se naam met 'n hoofletter begin om te onderskei tussen bloot net 'n kommando en 'n kommando-eenheid [1]