Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Koningin-Elizabeth-eilande

Koningin-Elizabeth-eilande
Inheemse naam: Queen Elizabeth Islands / Îles de la Reine-Élisabeth
Nasa-Satellietbeeld van die Koningin-Elizabeth-eilande
Nasa-Satellietbeeld van die Koningin-Elizabeth-eilande
Geografie

Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 78°05′N 95°10′W / 78.083°N 95.167°W / 78.083; -95.167
Argipel Kanadese Arktiese Argipel
Totale eilande 2 126
Hoofeilande Ellesmere-eiland, Devon-eiland, Axel-Heiberg-eiland, Melville-eiland, Bathurst-eiland en Prins Patrickeiland
Oppervlakte 419 061 vk km
Hoogste punt Barbeau Peak 2 616
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebiede Nunavut
Noordwestelike gebiede

Grootste stad Resolute (229)

Demografie
Bevolking 400

Bevolkingsgroepe Inuïete

Die Koningin-Elizabeth-eilande (Engels: Queen Elizabeth Islands; Frans: Îles de la Reine-Élisabeth) is die noordelikste eilandgroep van die Kanadese Arktiese Argipel. Dit is in die Arktiese Oseaan noordwes van Groenland geleë. Die Koningin-Elizabeth-eilande beslaan 'n oppervlakte van 419 061 km² en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. In teenstelling met sy groot oppervlakte is dit min bevolk; net Ellesmere-eiland beskik oor 'n klein bevolking, van die ander eilande is onbewoon. Die Koningin-Elizabeth-eilande word in die suide deur die Lancaster-sund en die Viscount-Melville-sund van die ander eilande van die Kanadese Arktiese Argipel geskei en is in 1953 na koningin Elizabeth II genoem, toe sy ook monarg van Kanada geword het.

Die Koningin-Elizabeth-eilande grens in die noordweste aan die Arktiese Oseaan en in die ooste aan Groenland. Hulle bevat sowat 14% van die wêreldwye gletsers en met ys bedekte gebied (sonder die yslae van Groenland en Antarktika).[1] Vervolgens word die gebied sterk deur aardverwarming geraak.

  1. (en) Sharp, Martin; Burgess, David O.; Cogley, J. Graham; Ecclestone, Miles; Labine, Claude; Wolken, Gabriel J. (9 Junie 2011). "Extreme melt on Canada's Arctic ice caps in the 21st century" (PDF). Geophysical Research Letters. 38 (11): n/a. Bibcode:2011GeoRL..3811501S. doi:10.1029/2011GL047381. Besoek op 20 Februarie 2014.

Previous Page Next Page