Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kontinentskuiwing

Pangea en die kontinente wat daaruit ontstaan het.

Die verspreiding van land en see oor die aarde was nie altyd dieselfde nie. Aan die begin van die 20e eeu is die eerste moontlik houdbare teorieë opgestel dat die kontinente ten opsigte van mekaar verskuif en daar selfs nuwe oseane gevorm het.

Daar is nou weer deeglik na die verskillende landvorme gekyk en die legkaartpatroon wat die kuste van byvoorbeeld Suid-Amerika en Afrika vorm, het die hipotese laat ontstaan dat die kontinente vroeër in die geologiese geskiedenis teen mekaar gelê het. Baie argumente is ten gunste van die kontinentskuiwingsteorie aangevoer en 'n magdom daarteen. Eers diep in hierdie eeu is kontinentskuiwing onder meer deur paleoklimatologiese en paleomagnetiese waarnemings as feit bewys en deur die meeste wetenskaplikes aanvaar


Previous Page Next Page