Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Koolhidraat

Koolhidrate is organiese verbindings wat 'n belangrike rol in lewende organismes speel. Hulle het die algemene formule (CH2O)n, waarvan ook hul benaming - "hidrate van koolstof" - afgelei is. Die eenvoudigste koolhidrate is suikers wat uit vyf (pentoses) of ses (heksoses) koolstofatome kan bestaan.

Hierdie suikermolekule kom gewoonlik as ringe voor en staan bekend as monosakkariede, soos byvoorbeeld glukose en fruktose. Verbindings van twee molekule word disakkariede genoem; tafelsuiker of sukrose (met een glukose- en een fruktose-eenheid per molekuul) is die bekendste voorbeeld.

Kettings van tussen drie en ses monosakkariede word oligosakkariede genoem, terwyl langketting-polimere van suikermolekule as polisakkariede bekend staan. Polisakkariede speel 'n belangrike rol as verbindings wat energie kan stoor, soos byvoorbeeld stysel in plante en glikogeen in diere. Ander polisakkariede is strukturele molekule soos byvoorbeeld sellulose (wat in die wande van plantselle voorkom) en chitien (wat in die selwande van fungi en in die eksoskelette van baie ongewerwelde diere aangetref word).


Previous Page Next Page






Kohlenhydrate ALS Hidrato de carbonio AN سكريات Arabic শৰ্কৰা AS Glúcidu AST Karbohidratlar AZ کاربوهیدرات AZB Углеводтар BA Karbohidrat BAN Onglėondėnē BAT-SMG

Responsive image

Responsive image