Koos Strauss | |
Adv. J.G.N. Strauss, derde leier van die Verenigde Party. | |
Leier van die Verenigde Party
| |
Ampstermyn 1950 – 1956 | |
Voorafgegaan deur | Jan Christian Smuts |
---|---|
Opgevolg deur | De Villiers Graaff |
Ampstermyn 1950 – 1956 | |
Voorafgegaan deur | Jan Christian Smuts |
Opgevolg deur | De Villiers Graaff |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 17 Desember 1900 Calvinia, Noord-Kaap |
Sterf | 7 Maart 1990 (op 89) |
Politieke party | Verenigde Party |
Jacobus Gideon Nel (Koos of Kosie) Strauss, oftewel J.G.N. Strauss, (17 Desember 1900 op Calvinia, Noord-Kaap – 7 Maart 1990[1]) was die derde (en voorlaaste) leier van die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party, nadat hy genl. Jan Christian Smuts met laasgenoemde se dood in 1950 opgevolg het. Strauss dra die onderskeiding dat hy die eerste dienende leier van 'n groot Suid-Afrikaanse politieke party was wat van sy amp onthef is en wel op 21 November 1956.