Korjakski | |
---|---|
Die Korjakski-vulkaan troon bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uit, 2014.
| |
Ligging | Kamtsjatka-skiereiland, Rusland |
Hoogte | 3 456[1] meter bo seevlak |
Koördinate | 53°19′15″N 158°42′45″O / 53.32083°N 158.71250°O[1] |
Ligging in Kamtsjatka-krai. |
Korjakski[2] of Korjakskaja Sopka (Russies Коря́кская со́пка) is 'n aktiewe vulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Kamtsjatka-krai se hoofstad, Petropawlofsk-Kamtsjatski. Dit is saam met die naburige Awatsjinski aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë sy nabyheid aan dig bevolkte gebiede.