Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Département | Frans-Guyana |
Koördinate | 05°09′N 52°39′W / 5.150°N 52.650°W |
Stigting | 1645 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 160 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 25 260 |
- Bevolkingsdigtheid | 12 /vk km |
Tydsone | UTC -03:00 |
Burgemeester | François Ringuet |
Amptelike webwerf | kourou.fr |
Kourou is 'n stad in die Franse oorsese département Frans-Guyana met 'n bevolking van sowat 25 000, sowat 40 kilometer noordwes van die hoofstad Cayenne aan die kus van die Atlantiese Oseaan. Die voormalige Franse strafkolonie Duiwelseiland lê naby Kourou.
Kourou is 'n plaaslike toeristebestemming, maar staan veral bekend danksy die lanseersentrum Centre Spatial Guyanais van die Europese Ruimtevaartorganisasie (European Space Agency, ESA). Die sentrum, wat deur die maatskappy Arianespace beheer word, ontstaan in 1965 en word sedert die einde van die sestigerjare gebruik om Franse vuurpyle en satelliete te lanseer.