Kraggeleiding of "elektriese geleiding van hoogspanning" is die grootmaat-vervoer van elektriese energie vanaf opwekkingsaanlegte (histories hidroëlektrisiteit, kernkrag, met aardgas of steenkool, maar nou ook vanaf windkrag, sonkrag, geotermiese krag en ander vorme van hernubare energie) na substasies naby die verbruikers geleë, soos bevolkingspunte. Dit verskil van elektrisiteitsverpreiding wat tipies verwys na die plaaslike bedrading tussen hoogspanning substasies en die finale verbruiker.