Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Bolivië |
Departamento | La Paz |
Provinsie | Pedro Domingo Murillo |
Koördinate | 16°29′S 68°8′W / 16.483°S 68.133°W |
Stigting | 20 Oktober 1548 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 470 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 600 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2006) | 1 872 480 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 275/vk km |
Tydsone | UTC -4 |
Burgemeester | Juan del Granado |
Amptelike Webwerf | Gobierno Municipal |
La Paz [la 'pas] (Spaans: La Paz de Ayacucho, Aymara: Chukiagu) is die regeringsetel van Bolivië en die hoofstad van die departamento La Paz (die amptelike Boliviaanse hoofstad is nog steeds Sucre). La Paz lê teen die noordwestelike hang van die Cordillera Real-bergreeks, sowat 3 600 tot 3 700 meter bo seevlak, in die onvrugbare riviervallei van die Río Choqueyapu (Río de la Paz). Die stadsgebied word deur die sneeubedekte bergspits Illimani (6 882 meter) oorheers.