Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Laerskool

Kinders en onderwysers van die Laerskool Simon van der Stel.

'n Laerskool is 'n opvoedkundige instansie wat die eerste gedeelte van 'n persoon se verpligte onderwys in Suid-Afrika uitmaak. Daar word ook na die onderrig in laerskole as primêre onderrig verwys. Kinders is skoolpligtig in die jaar waarin hulle sewe jaar oud word. Laerskole bied grade R tot 7 aan.

Graad R is 'n voorbereidingsjaar en kan ook in sekere kleuterskole deurloop word. Na graad R volg grade 1 tot 7 (vroeër Sub A, Sub B en Standerd 1 tot Standerd 5). Kinders sal dus, as hulle nie jare moet herhaal nie, 8 jaar lank laerskool bywoon.

Na suksesvolle voltooiing van graad 7 (St. 5) moet die kind by 'n hoërskool ingeskryf word om die res van sy verpligte skoolloopbaan voort te sit.


Previous Page Next Page