Laos | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 3,8 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Laos 3,6 miljoen[2] Verenigde State 232 130[3] |
Taal: | Lao |
Geloofsoortuiging: | Theravada-Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Tai-volke soos Thai, Sjan, Dai, Zhuang, Ahom |
Die Laos (Lao: ລາວ, Thai of Isan: ลาว, [láːw]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan die land Laos en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand. Hulle vorm die titulêre nasie van Laos en maak omtrent 68% van Laos se bevolking uit. Die enkelvoud is Lao.
Die Laos behoort tot die Tai-volke wat naas Thailand ook in die Volksrepubliek China se suidooste asook in Indië se noordooste leef en nog die Thai en Zhuang insluit. Hulle praat Lao as moedertaal wat saam met Thai tot die Tai-Kadai-tale behoort.
Die Laos is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Satsana Phi en Christene.