Lebomboberge | |
---|---|
Ligging | KwaZulu-Natal, Eswatini, Limpopo, Suid-Afrika |
Hoogte | 776 meter bo seevlak |
Koördinate | 26°15′0″S 32°0′0″O / 26.25000°S 32.00000°O |
Bergtipe | Rioliet en basalt |
Die Lebomboberge, is 'n 800 km lang, smal bergreeks in Suider-Afrika. Die berg strek van Hluhluwe in KwaZulu-Natal in die suide tot by Punda Maria in die Limpopo in Suid-Afrika in die noorde. Sommige dele van die berg is ook te vinde in Mosambiek en Eswatini.