Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Nedersakse |
Koördinate | 53°14′N 7°27′O / 53.233°N 7.450°O |
Stigting | 791 |
Stadstatus | 1823 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 70,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2014) | 33 925 |
- Bevolkingsdigtheid | 483/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Beatrix Kuhl (CDU) |
Amptelike Webwerf | leer.de |
Leer is 'n stad en munisipaliteit in Oos-Friesland, in die noordwestelike deel van die Duitse deelstaat Nedersakse. Dit is die hoofstad (kreisstad) van die gelyknamige distrik (Landkreis). Die stad het 33 925 inwoners.[1]
Leer het oorspronklik aan die Leda-rivier ontstaan, maar het geleidelik na die oewers van die Eems-rivier uitgebrei. As gevolg hiervan kan die stad deur skepe per see bereik word. Dit is per spoor en snelweg aan Groningen (in Nederland), Emden, Bremen en die Suide (Rheine en die industriële Ruhrgebied) verbind.