Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Luca Zaia

Luca Zaia in 2019

Luca Zaia (* 27 Maart 1968 in Conegliano, provinsie Treviso) is 'n Italiaanse entrepreneur en politikus van die Lega Nord wat tans die amp van president van die administratiewe streek Veneto beklee.[1] In die vierde regering van Silvio Berlusconi het hy tot Maart 2010 die amp van minister van land- en bosbou beklee.

Zaia is in 2017 deur Silvio Berlusconi as die voorkeur-kandidaat vir 'n koalisieregering van sy party, Forza Italia, en Lega Nord genoem. Verder geniet hy die steun van Umberto Bossi, stigter en gewese voorsitter van die Lega Nord, wat saam met sy aanhangers die huidige partyleier Matteo Salvini se dikwels verregse standpunte krities beoordeel, net soos die party se nasionale ambisies en uitbreiding na Suid-Italië.

In die streeksverkiesing van 20 en 21 September 2020 is Luca Zaia, wat die bynaam il Doge dra, met 76,8 persent van die uitgebragte stemme as president van Veneto herverkies.[2]

  1. "The Italian Times, 27 April 2018: Luca Zaia biografia 2018: moglie, vita privata e curriculum politico. Besoek op 2 Mei 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 2 Mei 2019.
  2. La Repubblica, 21 September 2020: Elezioni. Besoek op 26 September 2020

Previous Page Next Page






لوكا زايا ARZ Luca Zaia German Luca Zaia English Luca Zaia Spanish Luca Zaia French Luca Zaia Hungarian Luca Zaia Italian 루카 차이아 Korean Lucas Zaia LA Luca Zaia LMO

Responsive image

Responsive image