Algemene naam | Lucy |
---|---|
Katalogusnommer | AL 288-1 |
Spesie | Australopithecus afarensis |
Ouderdom | 3,2 miljoen jaar[1] |
Plek ontdek | Afar-driehoek, Ethiopië |
Datum ontdek | 24 November 1974 |
Ontdek deur | Donald Johanson Maurice Taieb Yves Coppens Tom Gray[2] |
Lucy is die gewilde naam van AL 288-1, ’n paar honderd stukke been wat omtrent 40% van die geraamte van ’n vroulike Australopithecus afarensis uitmaak. Dit is in 1974 in die Afar-driehoek in Ethiopië ontdek. In paleoantropologie word gewoonlik net fossielfragmente ontdek, en selde skedels of ribbes; dus was dit ’n groot ontdekking wat ’n enorme hoeveelheid wetenskaplike inligting verskaf het. Lucy is na raming sowat 3,2 miljoen jaar oud[1] en word geklassifiseer as ’n hominied.[3]
Die geraamte toon Lucy het ’n klein breinkapasiteit gehad, soos ape, en regop geloop, soos mense, en dit steun die teorie van sommige geleerdes dat die mens se voorouers al regop geloop het voor hul breingrootte begin toeneem het.[4]