Historiese heiligdom van Machu Picchu* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
'n Uitsig oor Machu Picchu. | |
Posisie van Macchu Picchu in Peru | |
Koördinate: 13°09′47″S 72°32′47″W / 13.16306°S 72.54639°W | |
Lande | Peru |
Tipe | Verskeie |
Kriteria | i, iii, vii, ix |
Verwysings | 274 |
Streek† | Suid-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1983 (7de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Machu Picchu (Machu Pikchu, wat Ou Piek in die taal Quechua beteken[1]), en ook soms die "Verlore Stad van die Inkas" genoem, is 'n goed bewaarde Inkaruïne wat 2 430 m bo seevlak op 'n bergrif geleë is. Machu Picchu is bo die Urubambavallei in Peru geleë, sowat 70 km noordwes van Cusco. Die ruïne het vir eeue vergete geraak deur die buitewêreld, totdat die argeoloog Hiram Bingham dit in 1911 herontdek het en dit onder die wêreld se aandag gebring het.