Land | Suid-Afrika |
---|---|
Geografiese ligging | 25°51′35″S 27°32′2″E |
Materiale gebruik | Afsettingsgesteente |
Die Magaliesberg is 'n bergreeks wat van Pretoria in die noorde van Gauteng tot suid van Pilanesberg, in die Noordwesprovinsie, strek. Die bergreeks is ongeveer 120 km lank. Die hoogste punt van die bergreeks is by Nooitgedacht, 1 852 meter bo seespieël, maar slegs 300 m bo die omliggende vlakte. Die Hartbeespoortdam, Buffelspoortdam en Olifantsnekdam is in die Magaliesberg geleë. Byna die hele berg is tot 'n natuurreservaat verklaar.