Mampuru | |
---|---|
Gebore | Mampuru |
Sterf | 22 November 1883 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Ouer(s) | Koning Sekwati |
Mampuru was die regmatige opvolger van Sekwati, koning van die Marota, maar sy halfbroer, Sekhukhune, het deur 'n dreigement van geweld koning geword. Toe Mampuru later vir Sekhukhune vermoor, is hy deur die Zuid-Afrikaansche Republiek veroordeel en opgehang.
Tuisgemaakte perskebrandewyn, naamlik mampoer, is na hom vernoem.[1]
'n Npedi-hoofman, ene Mampuru van die Marico-distrik, het reeds vroeg agtergekom 'n bykomende skop kan in 'n drankie gesit word deur vrugte op 'n spesiale manier te stook.