Mbombela-stadion | ||
Die Mbombela-stadion
| ||
Ligging | Nelspruit, Suid-Afrika | |
---|---|---|
Koördinate | 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O | |
Eienaar | Mbombela-munisipaliteit | |
Kapasiteit | 43 589[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | Februarie 2007 | |
Geopen | Oktober 2009 | |
Boukoste | R1.05 miljard (USD$ 140 miljoen) | |
Argitek | R&L Argitekte | |
Huurders | ||
Mbombela-stadion is 'n 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.[2] Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.
Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is.[3] Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.
Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.
Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.