| |||
Provinsie | Gauteng | ||
Tipe | Distriksmunisipaliteit | ||
Munisipale kode | DC46 | ||
Plaaslike munisipaliteite | Nokeng tsa Taemane, Kungwini | ||
Hoofstad | Bronkhorstspruit | ||
Burgemeester | |||
Grootste tale | Ndebele, Afrikaans en Noord-Sotho | ||
Oppervlakte | 4 063 km² | ||
Bevolking | 159 890 (2001) |
Die Metsweding-distriksmunisipaliteit en die plaaslike munisipaliteite wat daaronder geval het, is op 18 Mei 2011, die datum van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011, ontbind en by die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ingelyf.
Die munisipaliteit was een van 3 distriksmunisipaliteite in Gauteng. Die setel van die munisipaliteit was in Bronkhorstspruit. Die meeste mense in die munisipaliteit praat Ndebele. Die munisipaliteit se kode was DC46.