Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mev. Ples

Mev. Ples
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Mev. Ples
Katalogusnommer Sts 5
Spesie Australopithecus africanus
Ouderdom 2,05 miljoen jaar
Plek ontdek Sterkfontein,
Suid-Afrika
Datum ontdek 18 April 1947
Ontdek deur Robert Broom,
John T. Robinson

Mev. Ples is die gewilde naam van Sts 5, die volledigste kopbeen van ’n Australopithecus africanus wat nog in Suid-Afrika ontdek is. Baie fossiele van hierdie spesie, wat beskou word as die verre verwante van mense, is in die Sterkfontein-gebied gevind in die Unesco-wêrelderfenisgebied bekend as die Wieg van die Mensdom. Dit is op 18 April 1947 deur Robert Broom en John T. Robinson gevind. Die breinkapasiteit is sowat 485 cm³.[1]

Argeoloë by die Sterkfontein-grot, waar Mev. Ples gevind is.
Mev. Ples se kopbeen in die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum, Pretoria.

Die bynaam is afgelei van die wetenskaplike naam Plesianthropus transvaalensis ("amper-man van Transvaal"), wat Broom aanvanklik aan die kopbeen gegee het. Dit is deur medewerkers van Broom "Mev. Ples" gedoop.

Die geslag van die fossiel is nie heeltemal seker nie en dit kan dalk "Mnr. Ples" wees. Verder het X-strale van die kopbeen daarop gedui die tandwortels is dalk nie dié van 'n volwassene nie; dus is die naam "Jongeheer Ples" ook moontlik. Sommige navorsers redeneer dat die asynsuur wat gebruik is ter voorbereiding van die fossielondersoek sedert 1947 die rotsbeen in die skedel en die hoektandkaste genoegsaam beskadig het dat die deursnee van die tandkaste verklein is, en so verwar is met dié van 'n vroulike Australopithecus africanus.[2]

Sommige kenners meen dat 'n gedeeltelike geraamte wat in dieselfde jaar naby die kopbeen gevind is, dalk aan Mev. Ples behoort – dit kan Mev. Ples die Suid-Afrikaanse weergawe van die beroemde fossiel Lucy maak.

Die ouderdom van die kopbeen word geraam op sowat 2,05 miljoen jaar.

  1. Endocranial Capacity of Early Hominids, Charles A. Lockwood, William H. Kimbel. Science 1 Januarie 1999:Vol. 283 no. 5398 bl. 9
  2. https://www.sajs.co.za/article/view/4347?ct=t(3/4_SAJS_2017)

Previous Page Next Page






السيدة بليس Arabic মিসেস প্লেস Bengali/Bangla Mrs. Ples Catalan Mrs. Ples German Mrs. Ples English Señora Ples Spanish خانم پلس FA Mrs. Ples French Mrs. Ples Italian Mrs. Ples Dutch

Responsive image

Responsive image