Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Middellandse See

Middellandse See

Nasa-Satellietbeeld van die Middellandse See

Kaart van die Middellandse See
Koördinate:35°N 18°O / 35°N 18°O / 35; 18
Ligging:Noord-Afrika, Suid-Europa, Wes-Asië
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:2 500 000 km² (970 000 myl²)
Gemiddelde diepte:1 500 m (4 900 vt)
Maksimum diepte:5 267 m (17 280 vt)
Volume:3 750 000 km³ (900 000 myl³)
Invloei:Adige, Aude, Bosporus, Brenta, Ebro, Nylrivier, Po, Rhône, Rubicon, Tiber
Uitvloei:Straat van Gibraltar
Eiland/e:3 300+
Nedersettings:Aigues-Mortes, Ajaccio, Akko, Akrotiri en Dhekelië, Al Bayda, Alamein, Alexandrië, Algiers, Antalya, Antibes, Ashdod, Ashkelon, Athene, Barcelona, Bari, Bat Yam, Beiroet, Cadaqués, Cagliari, Campora San Giovanni, Cannes, Cartagena, Ceuta, Coreca, Delphi, Dubrovnik, Faliraki, Frontignan, Gasa, Gela, Genua, Gibraltar, Hadera, Haifa, Ibiza-stad, Izmir, La Grande-Motte, La Spezia, Latakia, Marseille, Melilla, Menton, Mersin, Messina, Monaco, Monte Carlo, Montpellier, Motril, Napels, Netanya, Nice, Palermo, Palma, Pescara, Piombino, Piran, Port Said, Pula, Rhodosstad, Rijeka, Rimini, Rosetta, Saint-Jean-Cap-Ferrat, Saint-Tropez, Sète, Sirakuse, Tarente, Tel Aviv, Terracina, Thessaloniki, Toulon, Triëst, Tripoli, Tunis, Valencia, Valletta, Venesië

Die Middellandse See (die naam is afgelei van die oorspronklike Latyn mare mediterraneum) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan, alhoewel dit net deur die Seestraat van Gibraltar met dié oseaan verbind word en andersins 'n binnelandse see vorm, wat die vastelande van Europa en Afrika van mekaar skei. Deur die Dardanelle, die See van Marmara en die Bosporus word dit ook met 'n aangrensende kleiner binnelandse see, die Swartsee van Oos-Europa, verbind. Die water van die Middellandse See beslaan 'n oppervlakte van 2 331 000 vierkante kilometer; die afstand tussen sy uiterste westelike en oostelike punte is sowat 3 520 km en die grootste afstand in 'n noord-suidrigting is 1 120 km. Die Middellandse See bereik sy diepste diepte in die Ioniese See op meer as 5 000 m.

Die see word in twee groot bekkens verdeel, die Westelike Hoofbekken met die Baleariese of Iberiese See in die weste en die Tirreense See in die ooste, en die Oostelike Bekken, wat die Ioniese See met die Adriatiese See en die Levantynse See met die Egeïese See insluit.

Die grootste eilande is Korsika (Frankryk), Sardinië en Sisilië (Italië), die Baleariese Eilande (Spanje), Kreta en die Ioniese eilandgroep (Griekeland), Siprus en Malta.


Previous Page Next Page