Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mistisisme

Die woord mistisisme is van Griekse herkoms. 'n Mistikus was iemand wat ingewy is in die geheimenisse van die misterieskole. Die Grieke het die idee van misterieskole oorgeneem van dié wat lank tevore in Egipte begin is. Deur inwyding het die mistikus toegang gekry tot esoteriese kennis van 'n goddelike natuur. Die doel van die mistikus was om die tydelike materiële natuur te verryk met 'n bewuswording van sy ewigdurende geestelike natuur. 'n Persoon wat ingewy is in 'n misterieskool het 'n heiligdom betree en is verbied om daardie kennis met enigiemand te deel wat nie ingewy is nie. Die woord "misterie" kom van die Griekse woord mysterion wat afgelei is van die werkwoord muo, wat beteken om jou oë en lippe te sluit. 'n Mistikus word beskou as iemand wie se normale bewussyn verbreed is, om sodoende vermoëns wat sluimerend was te aktiveer en om sy visie te verbreed ten einde waarhede binne te dring wat verberg is vir die rasionele verstand. Mistisisme is nie beperk tot enige geloof of godsdiens nie, maar kom voor in 'n verskeidenheid van godsdienste en gevolglik word 'n verskeidenheid van betekenisse aan die term gekoppel.


Previous Page Next Page






Mystik ALS روحانية (ديانات) Arabic Misticismu AST Mistisizm AZ عرفان AZB Мистицизъм Bulgarian রহস্যবাদ Bengali/Bangla Kevrinelezh BR Misticizam BS Mistisisme BTM

Responsive image

Responsive image