Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mixteke

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Mixteeks.
Mixteke

Die Mixteekse koning en kryger Agt Hert Jaguar Klou (regs) vergader met Vier Jaguar, in 'n voorstelling van die Voor-Colombiaanse Codex Zouche-Nuttall.
Totale bevolking: 830 000[1][2]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Meksiko Meksiko (Oaxaca, Puebla, Guerrero en Chiapas)
Taal: Mixteeks en Spaans
Geloofsoortuiging: Rooms-Katolieke Kerk met elemente van tradisionele godsdienste
Verwante etniese groepe: Indiane en Mestizo

Die Mixteke (Mixteeks: ñuù savi, nayívi savi, ñuù davi, nayivi davi, letterlik: "volk van die reën"; Nahuatl: Mixtecapan, letterlik: "mense van die wolkeland", of Mixtecatl, letterlik: "wolkevolk"; Spaans: mixtecos) is 'n etniese groep en Meso-Amerikaanse beskawing wat in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Oaxaca, Puebla, Guerrero en Chiapas woon. Die historiese middelpunt van die beskawing was La Mixteca in die weste van die deelstaat Oaxaca in Suid-Meksiko langs die kus van die Stille Oseaan.

Ligging van die Mixteekse beskawing in Meso-Amerika
Jademasker uit Monte Albán

Die Mixteke vorm met sowat 830 000 mense een van die grootste etniese groepe in Meksiko. Ten tye van die Spaanse verowering van Meksiko (1519–1521) het sowat 1,5 miljoen Mixteke in Meso-Amerika geleef. Hulle het die voorheen Zapoteekse-stede Mitla en Monte Albán oorgeneem en uitgebou. Hulle was veral bekend vir turkooise mosaïeke en goudsmidkuns. Met die opkoms van die Asteekse ryk het sommige van die Mixteekse stede van die Asteke afhanklik geword en laasgenoemde het artefakte as buit geëis. Die Asteke het gereelde Blommeoorloë teen hul buurvolke gevoer en mense as offers vir hul eie gode ontvoer. Die gebied van die Mixteke is saam met die ander Meso-Amerikaanse volke deur die Spaanse conquistadores verower en het deel van Nieu-Spanje geword.

Die Mixteke praat veral Mixteeks as moedertaal. Dit behoort saam met Zapoteeks van die naburige Zapoteke en ander kleiner tale tot Otomangue, een van die primêre taalfamilies van die wêreld. Sedert die Spaanse verowering van Meksiko onder Hernán Cortés dien Spaans as die tweede taal van die Mixteke.

  1. "Lenguas indígenas de México" (in Spaans). Comisión Nacional para el Desarrollo de los Pueblos Indios (CDI). 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2019. Besoek op 30 November 2006.
  2. (es) "Lazos. Síntesis informativa". Instituto de los Mexicanos en el Exterior. 24 Januarie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 30 November 2006.

Previous Page Next Page






شعب المكستك Arabic میکستک‌لر AZB Міштэкі BE Мищеки Bulgarian Mixteked BR Mixteca BS Mixteques Catalan Mixteker Danish Mixteken German Μιξτέκοι Greek

Responsive image

Responsive image