Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


MobileMe

MobileMe
Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 5 Januarie 2000 (as iTools)
17 Julie 2002 (as .Mac)
9 Julie 2008 (as MobileMe)
Gestaak 30 Junie 2012 (dienste is na iCloud verskuif)
Nuutste weergawe 1.6.7/ 12 Oktober 2011 (2011-10-12)[1]
Bedryfstelsel Mac OS X, iOS, Microsoft Windows, Webgebaseer
Kategorie Internetpakket
Lisensie Intekendiens
Webblad www.me.com

MobileMe (vroeër iTools en daarna .Mac) was ’n intekengebaseerde versameling van aanlyn dienste en sagteware wat deur Apple aangebied is. Dit is aanvanklik op 5 Januarie 2000 bekendgestel as iTools, ’n gratis versameling van Internetgebaseerde dienste vir Mac OS 9 gebruikers. Op 17 Julie 2002 het Apple dit geherlanseer as .Mac toe dit ’n intekendiens geword het hoofsaaklik vir gebruikers met Mac OS X. Op 9 Julie 2008 het Apple die diens weer geherlanseer (tydens WWOK 2008) as MobileMe waar hulle begin fokus het op gebruikers met Windows, iPads, iPhones, iPod Touch’e en wat Mac OS X gebruik.

Op 24 Februarie 2011 het Apple opgehou om MobileMe by sy winkels aan te bied. MobileMe word ook nie meer deur herverkopers aangebied nie.[2] Hierbenewens laat Apple ook nie nuwe intekenaars toe tot MobileMe nie. Tydens die iPhone-spesiale byeenkoms op 4 Oktober 2011 het Apple aangekondig dat hy op 12 Oktober 2011 iCloud sou lanseer om MobileMe vir nuwe gebruikers te vervang. MobileMe het tot 30 Junie 2012 aangehou funksioneer op welke datum die diens gestaak is.

  1. "MobileMe Beheerpaneel vir Windows" (in Engels). Apple. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2012. Besoek op 28 Oktober 2010.
  2. (en) appleinsider.com (24 Februarie 2011). "Apple staak verkoop van MobileMe terwyl opknapping kom". Persberig. http://www.appleinsider.com/articles/11/02/24/apple_discontinues_sale_of_mobileme_retail_boxes_as_overhaul_looms.html. Besoek op 25 Februarie 2011. 

Previous Page Next Page






موبايل مي Arabic MobileMe German MobileMe English MobileMe Spanish MobileMe French MobileMe HE MobileMe Hungarian MobileMe HY MobileMe Italian MobileMe Japanese

Responsive image

Responsive image