Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Moerasgas

Beweerde dwaalligte word gewoonlik toegeskryf aan moerasgas.

Moerasgas is die benaming vir gas wat ontstaan in moerasse as gevolg van natuurlike gisting van organiese materiaal. Moerasgas bestaan hoofsaaklik uit metaan. Onder yslae in die natuur bou dit soms op. Dit is dan sigbaar as 'n wit vlek onder die ys. Wanneer daar baie gas opborrel vorm daar 'n gat in die ys. Dit word 'n gaswel of gasopening genoem. Die gas wat uit so 'n opening kom is vroeër soms geberg deur 'n drywende houer op te sit en die gas af te tap. So 'n aftappunt lewer dan meestal genoeg gas om daagliks mee te kook. Daardie gas was dan bekend as Moergas. Dit is 'n natuurlike variant van die gas wat in stortingsterreine ontstaan, biogas.

Moerasgas dien as verduideliking vir die beweerde dwaalligte (ignis fatuus).


Previous Page Next Page






غاز المستنقع Arabic Шурлăх газĕ CV Faulgas German Marsh gas English Soogaas ET Gaz des marais French Marsh Gas HA Батпақ газы KK Саз газы KY Moerasgas Dutch

Responsive image

Responsive image