Moorea Inheemse naam: Mo'orea | |
---|---|
’n Uitsig op Moorea vanuit die lug. | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan |
Koördinate | 17°32′S 149°50′W / 17.533°S 149.833°W |
Argipel | Geselskapseilande
|
Hoogste punt | Berg Tohivea, 1 207 m |
Administrasie | |
Frankryk | |
Franse oorsese gebied | Frans-Polinesië
|
Hoofstad | Afareaitu |
Grootste stad | Pao Pao–Maharepa (4 244 inwoners)
|
Demografie | |
Bevolking | 16 191[1]
|
Moorea of Mo'orea is ’n eiland in Frans-Polinesië, een van die Bowindse Eilande van die Geselskapseilande, 17 km noordwes van Tahiti. Die eintlike spelling is Mo'ore'a, wat "geel akkedis" beteken in Tahitiaans: mo'o = "akkedis" ; re'a = "geel". ’n Ouer naam is Aimeho, soms Aimeo of Eimeo gespel. Vroeë Westerse koloniste en reisigers het daarna verwys as Yorkeiland.