Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mosambiekkanaal

Mosambiekkanaal

Ligging van die Mosambiekkanaal
Koördinate:18°S 41°O / 18°S 41°O / -18; 41
Ligging:Madagaskar, Mosambiek
Soort:Deel van die Indiese Oseaan
Gemiddelde diepte:3 292 m (10 801 vt)
Lengte:1 600 km (990 myl)
Breedte:419 km (260 myl)
Invloei:Zambezirivier
Eiland/e:Europa-eiland, Mayotte, Mosambiekeiland
Nedersettings:Beira, Inhambane, Quelimane, Vilankulo

Die Mosambiekkanaal (Frans: Canal du Mozambique, Malgassies: Lakandranon'i Mozambika, Portugees: Canal de Moçambique) is 'n deel van die Indiese Oseaan wat tussen Mosambiek in die weste en Madagaskar in die ooste geleë is. Dit is ongeveer 1 600 km lank en 419 km wyd op sy nouste punt. Die diepste punt is 3 292 meter naby die kus van Mosambiek. Die warm Mosambiekstroom vloei suidwaarts deur die kanaal waar dit aansluit by 'n stroom vanaf die ooskus van Madagaskar om die Agulhasstroom te vorm.

Daar is verskeie eilande in die Mosambiekkanaal soos Europa-eiland, Mayotte, en Mosambiekeiland.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Previous Page Next Page