Mosiuoa Gerard Patrick Lekota | |
![]() Mosiuoa Lekota in Februarie 2000 | |
President van die Congress of the People
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 16 Desember 2008 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
---|---|
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 26 Junie 1999 – 25 September 2008 | |
Voorafgegaan deur | Joe Modise |
Opgevolg deur | Charles Nqakula |
Premier van die Vrystaat
| |
Ampstermyn 7 Mei 1994 – 18 Desember 1996 | |
Opgevolg deur | Ivy Matsepe-Casaburri |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 13 Augustus 1948 Bloemfontein |
Politieke party | Congress of the People |
Eggenoot/-note | Cynthia Lekota |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Mosiuoa Gerard Patrick Lekota is 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige lid van die ANC. Hy dien sedert 16 Desember 2008 as president van die Congress of the People (Cope).[1] Hy was ook bekend as Terror Lekota as gevolg van die manier hoe hy sokker gespeel het. Hy was in die tronk op Robbeneiland weens sy politieke aktiwiteite tydens die apartheidsera. Hy was premier van die Vrystaat na die 1994 verkiesing tot in 1996, en was Minister van Verdediging van 1999 tot 25 September 2008, toe hy as minister bedank het nadat president Thabo Mbeki deur die ANC se Uitvoerende Bestuurskomitee gedwing is om te bedank.