NCIS | |
Genre | Aksie[1] drama[2] |
---|---|
Geskep deur | Donald P. Bellisario Don McGill |
Met | Mark Harmon Sasha Alexander Michael Weatherly Pauley Perrette David McCallum Sean Murray Coté de Pablo Lauren Holly Rocky Carroll Brian Dietzen Emily Wickersham |
Temamusiekkomponis | Numeriklab |
Openingstema | NCIS Theme |
Afsluitingstema | NCIS Theme |
Komponis(te) | Joseph Conlan Brian Kirk |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 22 |
Aantal episodes | 477 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Donald P. Bellisario Gary Glasberg Shane Brennan (2007–15) Chas. Floyd Johnson Mark Horowitz Mark Harmon Frank Cardea George Schenck |
Vervaardiger(s) | David Bellisario Avery C. Drewe |
Kinematografie | Billy Webb |
Produksiemaatskappy | Belisarius Productions Paramount Network Television (2003–06) CBS Paramount Network Television (2006–09) CBS Television Studios (2009–present) |
Verspreider | CBS Television Distribution |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | CBS |
Beeldformaat | 480i (SDTV) 1080i (HDTV) |
Klankformaat | Dolby Digital 5.1 stereo met klankbeskrywings op sekondêre klank (SAP op analoog) |
Eerste lopie | 23 September 2003 – hede |
Kronologie | |
Voorafgegaan deur | JAG |
Opgevolg deur | NCIS: Los Angeles |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
NCIS is 'n Amerikaanse misdaad- en dramareeks. Hierdie TV-reeks volg die doen en late van die Amerikaanse Vlootspeurdiens (Naval Criminal Investigative Service), 'n regeringsorganisasie wat kriminele aktiwiteite rakende die Amerikaanse Vloot ondersoek. Die storie is deur Donald Bellisario geskryf en deur CBS vervaardig. Dit is deur 'n reeks genaamd JAG voorafgegaan en is later met NCIS: Los Angeles opgevolg.
In episode 22 van seisoen 10 word genoem dat Afrikaans 'n amptelike taal van Suid-Afrika is. Een van die karakters, Duckie, verklaar dat hy by die Universiteit van Pretoria gedoseer het, waar die studente hom prof. Eend gedoop het. Toe hy vir 'n Afrikaanse amptenaar "baie dankie" sê, interpreteer sy kollega dit as "buy a donkey". 'n Leidraad in 'n ondersoek, "See Reisiger 19", word met behulp van 'n vertaalprogram van Afrikaans in Engels as "Sea Voyager" vertaal, die naam van 'n vragskip wat na Kaapstad onderweg was, en waarop die laaste tonele van die episode afspeel.