Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


NG gemeente Aberdeen

Die NG gemeente op Aberdeen maak daarop aanspraak dat die gebou se toring die hoogste kerktoring in Suid-Afrika is, maar dié van die Toringkerk in die Paarl is 57 m hoog. Weens die gewig van die dakspane hel die toring glo op sy hoogste punt sowat 45 cm oor na die een kant.
Ds. D.H. Cilliers was leraar hier van 1887 tot 1917, sy enigste gemeente.
Ds. A.F. Louw, leraar van 1917 tot 1920.
Die kerkgebou is besonder ruim.
Ds. Gerhardus Johannes Barnard, leraar van 1921 tot 1948.
Ds. Jacobus Joubert Krige, hierheen gekom van die NG gemeente Johannesburg-Wes en toe leraar van 1948 tot hy emeriteer op 14 Maart 1970.

Die NG gemeente Aberdeen is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Oos-Kaapland. Dit is een van ses gemeentes wat in die jaar 1855 in die destydse Kaapkolonie tot stand gekom het, maar die voorlaaste van die jaar. Jansenville, ook in die Oostelike Provinsie, was eerste op 4 Februarie, Ceres was tweede op 21 Maart, Sutherland derde, dan Aberdeen, Heidelberg vyfde en Simonstad sesde.


Previous Page Next Page






Dutch Reformed Church, Aberdeen English Nederdútsk-grifformearde tsjerke (Aberdeen) FY

Responsive image

Responsive image