Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


NG gemeente Ceres

Die NG Gemeente Ceres is die moedergemeente op die gelyknamige dorp in die Suidwes-Kaap, padlangs sowat 25 km suidoos van Tulbagh en 50 km noordwes van Worcester. Ontstaan

Die NG gemeente Ceres se kerkgebou.

Op 7 Mei 1854 het die heer C. Piers, magistraat van Tulbagh, in die natuurskone Ceresvallei die hoeksteen van die eerste kerkgeboue gelê. Die Gemeente Ceres is op 21 Maart 1855 amptelik gestig, en pas twee maande later, op 5 Mei, kon die nuutgestigte gemeente sy eerste kerkgebou feestelik in gebruik beem. In minder as dertig jaar het die gemeente sodanig gegroei dat ’n groter kerk gebou moes word. Predikante in die eerste eeu

Die eerste leraar van Ceres was ds. J.A. Stegmann, wat van 1857 tot 1883 hier gearbei het. Hy is opgevolg deur ds. G.F. Marais, wat tot 1893 sy roeping met groot erns vervul het. Daarna het die rysige gestalte en sterk persoonlikheid van ds. W.A. Alheit aan die spits van die gemeentelike lewe getree. Sy hele arbeid op Ceres het in die teken van ordelikheid, presiesheid en ’n geweldige ywervuur gestaan, tot sy spore verdwyn het in die see by Palmietrivier, waar hy deur die golwe op 31 Desember 1910 meegesleur is.

Ná hierdie droewige skok het die gemeente hom verheug in die koms van die beminlike ds. R.D. McDonald in September 1911. Hierdie toegewyde leraar het nie minder nie as 27 jaar van sy arbeidskragte aan die gemeente gegee, tot hy begin 1939 die tuig neergelê het. Die vakature is gevul deur die aankoms van ds. J.H. van Loggerenberg op 5 Junie 1939. In sy dienstyd van ongeveer agt jaar het die tempo van die gemeente se ontwikkeling aanmerklik versnel. Onder meer het hy hom beywer vir die bou van ’n nuwe kerk en begin om ’n boufonds in die lewe te roep.

’n Bloeiende vrugtebedryf sowel as die bou van die betonpad in die pragtugfe Michellspas deur die afdelingsraad van Ceres het nie net die gemeenskap laat groei nie, maar ook bygedra tot die uitbreiding van die gemeente. Die kerkraad het besluit om ’n medeleraar te beroep en op 26 Oktober 1946 is ds. J.P. du Plessis bevestig.

Ná die vertrek van ds. Van Loggerenberg, is ds. W.C. de Swardt op 21 Februarie 1948 as medeleraar bevestig. Die kerkraad het destyds vier skoolkoshuise onder sy beheer gehad, terwyl ’n vyfde in die distrik in aanbou was. In 1951 het die kerkraad finaal besluit tot die bou van ’n nuwe kerk – die derde sedert die stigting van die gemeente.


Previous Page Next Page








Responsive image

Responsive image