Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


NG gemeente Greytown

Greytown se NG kerk in 1917. Die argitek van die nuwe kerk omstreeks 1926 was Wynand Louw. Ds. Georg Hofmeyr het die hoeksteen op 4 Februarie 1928 gelê.
Ds. L.F.G. Biccard is in 1863 as Greytown se eerste leraar bevestig, maar in 1865 uit die Kerk geskors. Hy is in 1871 herstel, maar gaan oor na die Nederduitsch Hervormde Kerk. Nadat hy die bediening in 1890 neergelê het, is hy in 1900 oorlede.
Ds. James Turnbull, van 1867 tot sy aftrede in 1890 die tweede NG leraar van Greytown, was die laaste van die Skotse predikante wat na Suid-Afrika gekom het. Hy is oorlede op 12 Januarie 1894.
Ds. H.C. de Wet was leraar van Greytown van 1903 tot hy sy emeritaat in 1911 aanvaar het. Hy is oorlede op 7 November 1926. Sy enigste ander gemeentes was Villiersdorp van sy legitimasie in 1881 en daarna Alexandria van 1893 tot sy koms na Greytown.
Ds. M.W. Odendaal was leraar hier van 1911 tot 1925 en was in 1917 moderator van die Natalse Kerk.
Ds. F.P.P. Myburgh. leraar van 1947 tot 1951.
Dr. Hendrik Christoffel de Wet het in 1951 Greytown se 11de leraar geword.
Ds. George Malan was leraar van Greytown van 1897 tot 1903.
Ds. T.G. Pelser, leraar van 1960 tot 1966.

Die NG gemeente Greytown is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie KwaZulu-Natal. Dit is in 1859 gestig as die derde gemeente in die gelyknamige sinode naas Pietermaritzburg (1839) en Ladysmith (1854). Omdat die Afrikaanse bevolking in dié sinodale gebied klein was en baie stadig toegeneem het, is Greytown een van net ses gemeentes wat tydens die 19de eeu daar gestig is.


Previous Page Next Page








Responsive image

Responsive image