Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


NG gemeente Jansenville

Die gemeente se kerkgebou soos dit gelyk het in November 2013.
Ds. Alexander Smith, na wie Alexandria en die NG gemeente Alexandria genoem is, het hom as leraar van die NG gemeente Uitenhage beywer vir die stigting van 'n gemeente in die omgewing van die latere Jansenville. Hy was ook konsulent van 1855 tot 1862 tydens die 19 jaar lange vakature ná die gemeente se stigting.
Jansenville se tweede NG kerkgebou is deur die Duitse boorling argitek Carl Otto Hager ontwerp en op 20 Junie 1885 ingewy. Anders as die Hager-kerk (vermoedelik) op die nabygeleë Willowmore wat in jare sestig gesloop is, word Jansenville se kerkgebou vandag nog gebruik vir die doel waarvoor dit meer as 125 jaar gelede opgerig is. Dié foto is omstreeks 1916 geneem.
Ds. C.T. Muller was van 1861 tot 1873 die NG gemeente Pearston se eerste leraar toe hy die beroep na Jansenville aanneem om ook dié dorp se eerste NG leraar te word.
Ds. J.G. Kriel, ouer broer ds. Abraham Kriel, het 1879 na Jansenville gekom van Lydenburg af, maar is oorlede op 3 Oktober 1881, nes sy voorganger in die ouderdom van 43 jaar.
Die latere prof. Nicolaas Johannes Brümmer, leraar van 1895 tot 1898.
Ds. I.P. van Heerden, leraar van 1906 tot 20 Februarie 1924, toe hy nes die drie eerste leraars van die gemeente in die amp oorlede is.
Ds. A.P. Morgenthal, leraar van 1971 tot 1977.

Die NG gemeente Jansenville was die eerste van altesaam sewe gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in 1855 gestig is en is daarom die 61ste oudste gemeente in die hele Kerk en die 13de oudste gemeente in die Sinode van Oos-Kaapland. Die NG gemeente Middelburg, Kaap, het in 2010 met sy dogtergemeente Middelburg-Uitsig saamgesmelt as Middelburg-Karoo en daardie jaartal word sedertdien as sy stigtingsdatum aandui, want Jansenville een plek laat opskuif het.

Die NG gemeente Murraysburg en Aberdeen, ook albei in die Ring van Graaff-Reinet, is ook in die jaar 1855 gestig. Die ander vier gemeentes is almal in die huidige Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, naamlik Ceres, Sutherland, Heidelberg, Wes-Kaap en Simonstad, wat later as Vishoek sou bekend staan.


Previous Page Next Page






Dutch Reformed Church, Jansenville English

Responsive image

Responsive image